NWU Home  

 

 

 
Contact us  |  Search
 
 
School of Languages

 

Welkom by die Skool vir Tale

Welkom by die tuisblad van die Skool vir Tale.  Ek vertrou dat jy sal vind waarna jy soek en indien nie, dat jy nie sal huiwer om ons te kontak nie.

Die afgelope paar jaar het ons onsself gevestig as 'n skool vir tale wat as 'n plaaslike sowel as 'n nasionale sentrum vir taalvoortreflikheid erken word deur ons formele onderrig, navorsingsprogramme en kortkursusse.  Ons fokus grootliks op praktiese opleiding (alhoewel ons nie die teoretiese onderbou wat benodig word vir tersiêre studies nalaat nie).  Anders as in algemeen-vormende kurrikulums in die geesteswetenskappe, wil ons graag hê dat ons gegradueerdes die mark betree met vaardighede wat hulle sal toelaat om 'n betrekking te kry en om 'n verskil in die betrekking te maak.

Ons verskeidenheid kurrikulums word binne die wyer veld van 'n BA in Taalpraktyk aangebied – studente word voorberei vir daardie loopbane waar hulle met taal in die praktyk sal werk.  Hierdie loopbane sluit in vertaler, taal- en teksredigeerder, onderskrifskrywer, joernalis (gedruk, korporatief en uitsaai), taalonderwyser en taalentrepreneur.  Die kurrikulums is 'n kombinasie van hoofvakke van die tradisionele velde van Engels, Afrikaans, Sesotho, Kommunikasiestudies en Vertaalkunde.

Die kern van die opleiding en navorsingsaktiwiteite is die taaltegnologie-laboratorium waar studente opgelei word om rekenaargesteunde vertaalhulpmiddele (CAT) (sien ook SDL: Trados), DTP, netwerkontwerp, sagteware en netwerklokalisering, sowel as die ontwerp van televisie onderskrifte te gebruik.

'n Taalkantoor (CTrans) bied indiensopleiding vir student vanaf derdejaarsvlak.  In die kantoor verskaf studente vertaling, redigering en uitgewersdienste teen gunstige tariewe binne 'n mentorskapprogram.

Ons hoogs gemotiveerde span dosente is ook betrokke by 'n reeks plaaslike en nasionale navorsingsprojekte. 

Benewens ons formele akademiese programme (BA, BA Honneurs, MA en PhD), bied ons ook 'n aantal kortkursusse aan in kreatiewe skryfwerk, basiese rekenaarvaardighede vir vertalers, gevorderde vertaling en redigering en verrykende kursusse vir taalonderwysers.  Bo en behalwe die bestaande kursusse ontwikkel ons ook kursusse op aanvraag om in spesifieke behoeftes te voorsien in die onderwys en ander velde.

Vanaf 2007 is die populêre veld van Kommunikasiestudies 'n volwaardige hoofvak by die Vaaldriehoekkampus.  Die nuwe, sowel as die bestaande kommunikasiemodules ondersteun die Skool se BA program in Taal en Taalpraktyk asook ander BA-kurrikulums met Geskiedenis of Politieke Studies as hoofvakke.  Totdat die vak gegroei het tot by honneursvlak by die Vaaldriehoekkampus, kan afgestudeerde studente aansoek doen vir toelating tot sekere honneurskurrikulums by die Potchefstroomkampus.

Ons BA Honneurs programme se doelwit is om aan taalstudente die geleentheid te bied om hulle kennis in hulle vakke te verbreed om sodoende hulle loopbane te versterk, of vir intellektuele stimulasie.

  • Die Honneurs in Taalpraktyk verskaf aan studente met 'n eerste graad die vaardighede om die vryskutmark as vertalers of teksredigeerders te betree.
  • Die Honneurskurrikulums in Engels, Afrikaans en Sesotho sluit modules vir taal en letterkunde in.  Dit bied ook aan studente die geleentheid om hulle kennis in hulle loopbane toe te pas.

Indien jy meer van ons programme of aktiwiteite wil uitvind, kontak my gerus by JanLouis.Kruger@nwu.ac.za.

Dr. Jan-Louis Kruger
Direkteur:  Skool vir Tale

Ons bied die volgende vakke aan:

Leer ken ons personeel:

Naam
Vak
Telefoon
Direkteur: Skool vir Tale
016 910 3481
Sekretaresse
016 910 3463
Kommunikasiestudies
016 910 3484
Trados Bemarking
016 910 3468
Afrikaans en Taalpraktyk
016 910 3470
Engels en Taalpraktyk
016 910 3483
Frans en Duits
016 910 3493
Engels
016 910 3486
Engels
016 910 3430
Afrikaans en Taalpraktyk
016 910 3472
Maristi Partridge 016 910 3461
Sesotho
016 910 3492
Sesotho
016 910 3491
Engels, Kommunikasiestudies en Taalpraktyk
016 910 3493

Prof. Bertus van Rooy

Engelse Taalkunde

016 910 3482
Wemar Strydom

Kommunikasiestudies, Engelse Letterkunde, Film Studies

Mari-Leigh Pienaar Afrikaans 016 910 3485

Melanie Ann Law

ENHL 113, LAPR 323, LAPR 683

016 910 3485

 

 
 

© 2009 North-West University. All rights reserved.
Terms and Conditions